Gautengse premier sê waarom e-tolstelsel nog nie geskrap is

Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi,  sê die besluit oor of Gautengse motoriste moontlik terugbetaal sal word, was een van die sleutelkwessies waarom die e-tolstelsel nog nie soos beplan geskrap is nie. Lesufi het die versekering gegee mense wat oor die jare hulle e-tol betaal het se geld sal terugbetaal word. Die spertyd vir die regering van Gauteng om e-tol te skrap was 31 Desember 2022. Lesufi vertrou dit sal binne die volgende 14 dae gebeur, vóór sy provinsiale rede.