Meer as 100 Namibiërs in Desember oor dwelms vasgetrek

Die Namibiese polisie het tussen tussen 1 en 31 Desember 2022 op verskeie dwelms beslag gelê en 105 Namibiërs, twee Kongolese burgers en een Zambië in hegtenis geneem. Volgens Nampol sluit die gekonfiskeerde dwelms in daggaen 109 Mandrax-tablette ter waarde van meer as 13 000 Namibiese dollar. Die polisie het ook beslag gelê op 24 eenhede crack-kokaïen ter waarde 2 400 dollar, asook twee gram kokaïenpoeier ter waarde van 1 000 dollar.