Energiekenner: Wend fondse beter aan vir Eskom

‘n Energiekenner sê fondse vir Eskom moet beter aangewend word. David Lipschitz meen die regering ontvang genoeg geld om aandag te gee aan sommige van die kwessies waarmee Eskom tans te doen het. Lipschitz sê Eskom kan moontlik vanjaar beurtkrag verminder indien die kragvoorsiener sy finansies beter bestuur. Volgens Lipschitz moet die nutsmaatskappy prioritiseer wat op die langtermyn asook die korttermyn met die geld gebeur wat hy ontvang.