Meer as 1 350 wonings vir Joodse families in die Wes-Oewer

Israel het tenders uitgereik vir die bemarking van meer as 1 350 wonings vir Joodse families in die Wes-Oewer. Die gebied word betwis maar Israelse owerhede brei steeds uit. Volgens die behuisingsminister Ze’ev Elkin, moet Israel se teenwoordigheid in die gebied versterk word. Israel se raad vir beplanning sal ook die week vergader om nog 2 862 nuwe huise goed te keur waarvan 1 300 vir Palestynse families, ook in die Wes-Oewer geoormerk is. Israel het die gebied in 1967 geannekseer en beheer dit sedertdien.