Keniaanse atleet Agnes Tirop begrawe

Kenia se wêreldkampioen-atleet, Agnes Tirop, is oor die naweek in die Nandi-distrik in Kenia begrawe op wat haar 26ste verjaardag sou wees. Die liggaam van die bronsmedalje-wenner by twee wêreldkampioenskappe, is met steekwonde in die slaapkamer van haar huis in Iten gevind. Haar man het sedertdien in die hof verskyn as verdagte in die moord. Geslagsgeweld is, nes in Namibië, ‘n uitdaging in Kenia met 40 persent van Keniaanse vroue wat in hulle leeftyd een of ander vorm van die tipe geweld sal ervaar. Atletiek Kenia het aangekondig die Keniaanse been van die Wêreld Landloop-toernooi gaan na haar vernoem word.