Maatskaplike werker wat glo meisie verkrag, kry borgtog

‘n Maatskaplike werker, die 42-jarige Markus Nairenge Kaundu, wat daarvan beskuldig word dat hy ‘n 16-jarige meisie verkrag en swanger gemaak het, is op borgtog van 5 000 Namibiese dollar in die rondgaande hof op Kahenge vrygelaat. Die meisie is aan hom toevertrou vir berading nadat sy op 14 ook verkrag is en swanger geraak het. Die meisie se voog het nie beswaar aangeteken toe Kaundu borgtog toegestaan is nie. Landdros Barry Mufana het die saak tot 12 Januarie 2022 uitgestel.