Meer as 1 100 agter tralies in Franse onluste

Frankryk het 45 000 polisiebeamptes en pantservoertuie ontplooi terwyl onluste Franse stede vir ‘n vierde nag ontwrig het oor ‘n tiener se noodlottige skietery deur ‘n beampte tydens ‘n verkeersstop. Geboue en voertuie is aan die brand gesteek en winkels geplunder. Onrus het landwyd opgevlam, onder meer in stede soos Marseille, Lyon, Toulouse, Straatsburg en Lille asook Parys waar Nahel M., ’n 17-jarige van Algerynse en Marokkaanse afkoms, Dinsdag in die Nanterre-voorstad geskiet is. Meer as 1 100 mense is in hegtenis geneem.