Meer as 1 000 perlemoen in Overberg gekonfiskeer

Die Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid, Albert Fritz, het wetstoepassing-strukture in die Overbergstreek se verslae verwelkom. ‘n Woordvoerder, Wade Seale, sê die Overstrand-munisipaliteit se honde-eenheid en taakspan het drie vermeende stropers vasgetrek en daar is beslag gelê op meer as ‘n duisend perlemoen. Hulle het in ‘n aparte voorval ook twee sakke tik en kontant in ‘n voertuig ontdek. Seale sê Fritz het die spanne geloof vir hulle prestasie.