Mediese span reël nog noodvlug vir Junius en pasiënt

Kosmos 94.1 Nuus kan bevestig dat die burgemeester van Rehoboth, Enrico Junius, en nog ‘n onbekende pasiënt, nog nie afgevoer is na die brandeenheid by Tygerberg-hospitaal in Kaapstad nie. Die vlug, per vliegtuig en nie helikopter nie, word nog gefinaliseer. Dit volg na Junius bystand gebied het Woensdagmiddag met die reuse-veldbrand net suid van Rehoboth. Hy en die ander pasiënt is ernstig beseer met Junius wat blykbaar 60 persent brandwonde opgedoen het en die ander pasiënt 100 persent. Beide is reeds Woensdag oorgeplaas na Windhoek en sal binnekort na Kaapstad gevlieg word vir gespesialiseerde behandeling.