Venaani kap Mutorwa oor goedkoop, jong SA-loodse

Die president van die PDM-party was bedrywig vanmiddag in die Nasionale Vergadering. McHenry Venaani het die vervoerminister John Mutorwa gevra of hy bewus is van die kommer in lugvaartsirkels in die land oor die aanstelling van jong loodse vanuit Suid-Afrika. Sy aanmerkings kom na die noodlottige vliegtuigramp op 30 Augustus waarin die 21-jarige Suid-Afrikaanse loods Nicole Mienie en ‘n Duitse familie van vier gesterf het op Impalila-eiland.