Mediese Rade van Afrika vergader

Die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika bied van vandag tot Woensdag die Vereniging van Mediese Rade van Afrika se jaarlikse konferensie in Sun City in Noordwes aan. Die president van die vereniging, Kgosi Letlape, sê die 24ste konferensie word gehou onder die tema Die Gesondheids-werksmag van die Toekoms en die Regulering daarvan. Letlape sê die oogmerk van die geleentheid is om dialoog oor beste praktyke, vernuwing en die deel van kennis oor openbare veiligheid moontlik te maak.