Namibiese petrolprys daal, diesel bly onverander

Die petrolprys sal Woensdag met een Namibiese dollar per liter daal en dieselpryse bly onvervanderd, het die Namibiese ministerie van myne en energie aangekondig. Die nuwe petrolprys in Walvisbaai is nou 20 dollar en agt sent per liter en diesel is 22 dollar en 12 sent per liter. Padgebruikersheffings en die heffing op die Motorvoertuig-ongelukkefonds sal na hul oorspronklike vlakke herstel word, terwyl die Namcor-heffing op die huidige vlak sal bly tot verdere kennisgewing.