Mediese personeel sterf, beseer in ambulans-ongeluk

Die ongeluk wat gister naby Ferreiras in die hoofstad plaasgevind het, het ‘n mediese personeellid van ‘n private ambulansdiens, Ambu919 Ambulance Services, geëis en drie ander personeellede is in die hospitaal met ernstige beserings opgeneem. Sean Naude van Namibian Marshalls Rangers, sê die ambulans was op pad na ‘n noodtoneel toe die ongeluk plaasgevind het. Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend en die polisieondersoek duur voort. Die naam van die oorledene kan nog nie bekend gemaak word nie. Naude gesesls met Kosmos 94.1 Nuus.