SA se Onafhanklike Verkiesingskommisie wil plaaslike regering uitstel

Die Suid-Afrikaanse Onafhanklike Verkiesingskommissie het ’n aansoek by die Konstitusionele Hof ingedien om die plaaslike verkiesing van 27 Oktober uit te stel. Die OVK het die jongste inligting oor die verkiesing bekend gemaak nadat die datum gister in die Staatskoerant gepubliseer is. Dit is ’n buitengewone hofaansoek en vermoedelik sonder presedent. Die OVK se woordvoerder, Glen Mashinini, sê die kwessies wat die aansoek ten grondslag lê, hou verband met burgers se politieke regte asook die reg op lewe.