Antieke gesonke stad aan Egiptiese kus ontdek

‘n Span van die Europese Instituut van Onderwater Argeologie het verskeie skatte op die terrein van die antieke gesonke stad Thonis-Heracleion aan die Egiptiese kus ontdek. Dit sluit in Griekse keramiek en rottangmandjies vol vrugte wat na hul mening twee-duisend-400-jaar oud is. Thonis-Heracleion was eens op ‘n tyd Egipte se grootse Mediterreense hawe. Die argeoloë het met die Egiptiese ministerie van Toerisme en Argeologie saamgewerk. Hulle sê die projek het uiters interessante vondse opgelewer.