Mediese koste styg weer in SA

Statistiek Suid-Afrika sê fooie vir dokters, tandartse en hospitaal-sale het verlede maand met 5,3 persent gestyg. Dit is ‘n effense toename in die verhoging van 5 persent dieselfde maand verlede jaar. Die agentskap onthul verder gesondheidsversekering het in Februarie met 4,4 persent gestyg, ná verskeie ondernemings hul jaarlikse premieverhogings ingestel het. Hierdie syfers is vrygestel toe Statistiek SA aangekondig het jaarlikse verbruikersinflasie het in Februarie tot 7 persent gestyg vanaf 6,9 persent in Januarie.