Houtskoolprodusente gewaarsku om regulasies na te kom

Die Houtskoolvereniging van Namibië sê hy ontvang dikwels navrae van nie-houtskoolboere wat klagtes teen oortreders wil lê. Die vereniging sê hy kan boere slegs adviseer wat om te doen en kan dit opneem met Bosbou wat gesag dra in die ondersoekproses. Hy sê daar is tans baie oortredings deur produsente wat nie die riglyne volg nie. Hy veroordeel dit ten sterkste en sê hy sal Bosbou bystaan om ondersoeke te voltooi. Die vereniging die meerderheid produsente in Namibië en het nou ook twee lede in Botswana. As ‘n nie winsgewende vrywillige vereniging, het hy geen magtiging om sy lede te keer om sake met nie-lede te doen nie, maar het die reg om sy lede te waarsku wanneer hulle met kopers, agente, en verwerkers handel wat nie die reëls nakom nie, nie riglyne volg nie en die Namibiese wetgewing verontagsaam.