Rapporte moet uitgegee word

Die uitvoerende direkteur van onderwys, kuns en kultuur, Sanet Steenkamp, het skole gewaarsku om nie leerlinge se vorderingsverslae te weerhou nie. Dit kom nadat ouers gekla het dat sommige skole dreig om rapporte te weerhou as hulle nie onder meer vrywillige skoolgeld betaal of rieme papier bydra tot die skool nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Edda Bohn, die direkteur by die onderwysministerie, gepraat. Sy versoek skoolhoofde om onder geen omstandighede rapporte te weerhou nie.

Die skooljaar het ook tot ‘n einde gekom en graad 12-leerders wag op hul matriekuitslae. Bohn het ‘n opdatering daaroor gegee.