Mediese dienste lamgelê in Gaza

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê die Europese hospitaal in Gaza het personeeltekorte, ‘n gebrek aan noodsaaklike voorrade en ‘n oorweldigende aantal pasiënte. Die WGO het noodsaaklike voorrade afgelewer om aan die mediese behoeftes van 4 500 pasiënte te voldoen, maar dit is net ‘n breukdeel van wat benodig word. Die organisasie se nood mediese spankoördineerder, Sean Casey, sê die toename in geweld maak dit al hoe moeiliker om hulp veilig te verskaf: