ANC se misstappe straf Suid-Afrikaners

Die bedryfshoof van Everest Wealth, Thys van Zyl, sê Suid-Afrikaners is dié jaar finansieel erg gestraf deur die regering se talle misstappe, en politieke en ekonomiese onsekerhede duur voort te midde van talle krisisse. Hy voeg by die regering het verskeie planne en idees, maar die meeste daarvan werk nie uit nie en dit het vernietigende konsekwensies. Van Zyl wys op die deurvoer van die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering en sê dit lyk asof die regering skarrel om vorm te gee aan idees en wetgewing in aanloop tot volgende jaar se verkiesing.