Chris Evert loop Aussie Ope mis, kanker is terug

Die 68-jarige legende, Chris Evert, sê haar eierstokkanker het teruggekeer, twee jaar nadat sy gediagnoseer is. Die Amerikaner is die eerste keer in Desember 2021 gediagnoseer en het in Januarie vanjaar gesê sy is “kankervry”. Die 18-malige Grand Slam-enkelspelkampioen het in ‘n verklaring op ESPN onthul sy sal nou nog ‘n ronde chemoterapie ondergaan. Sy sal nie na die Australiese Ope reis wat op 14 Januarie begin nie, maar voeg by sy sal gereed wees om vir die res van die Grand Slam-seisoen as ‘n kommentator vir die uitsaaier op te tree.