Media word geboelie – Rekateursforum

Die Namibiese Redakteursforum het skerp gereageer op die verklaring wat Woensdagmiddag deur die Presidensie uitgereik is. Die forum sê dit is betreurenswaardig dat President Hage Geingob, wat die reg het om te reageer op enige berig, nie vryheid van spraak, wat hy toepas, aan die pers gun nie. Die Voorsitter van die Forum, Frank Steffen sê verder dat dit Geingob se opinie is dat media sy aktiwiteite nie volg nie en die besluit van die inhoud van die nuus, by die redakteur berus. Steffen sê die media word geboelie wat teenstrydig is met die beginsels van persvryheid wat tans herdenk word in die land.