NBC: onderhandelings duur voort

Die werknemers van die NBC is steeds in vergaderings met die bestuur van die uitsaai korporasie. Woensdag is vergaderings met die Minister van Inligting Peya Mushelenga gehou wat Ihana Mbaha, een van die NBC-werknemers wat die Napwu-vakbond verteenwoordig, as baie positief beskryf het. Daarna is daar vergader met die bestuur en dit blyk om steeds voort te gaan. Die werknemers staak sedert verlede week Donderdag en eis verhogings. Mbaha het vroeër vinnig met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en bevestig dat hulle steeds onderhandel maar, dat daar geen nuwe inligting is nie.