87% sê hulle is bang hulle kan nie lenings betaal nie

Nes in Namibië is huishouding in Suid-Afrika onder erge druk. Die jongste navorsing deur TransUnion se Verbruikersverslag toon dat 87 persent van verbruikers steeds bekommerd is dat hulle nie rekeninge of lenings kan terugbetaal nie. Slegs 3 persent van huishoudings het aangedui dat hulle finansies ten volle van die pandemie se negatiewe uitwerking herstel het. Ongeveer ‘n driekwart van die deelnemers sê hulle het besnoei op persoonlike uitgawes deur lidmaatskapskaarte te kanselleer of digitale dienste te beperk. Daar is ook bevind dat ‘n derde van verbruikers wat negatief geraak word, beplan om hulle rekeninge en lenings met spaargeld te betaal.