Mededingingskommissie plaas fokus op mediese fondsbedryf

Die Namibiese Mededingingskommissie het in samewerking met die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsfonds ‘n konsultant-firma aangestel om ‘n studie van die privaat gesondheidsorg-sektor in die land te doen. Die studie is van September verlede jaar tot Februarie vanjaar uitgevoer. Dit volg ná klagtes wat by die kommissie ingedien is oor die stand van mededinging in dié sektor. Die bevindinge van die studie, wat die koste-tendense van privaat gesondheidsorg oor die jare insluit, asook voorstelle, is by ‘n raadplegende werkswinkel in die hoofstad bespreek. Daar word steeds ‘n beroep op belanghebbendes gedoen om skriftelike voorstelle in te dien om die studie te finaliseer. Dina //Gowases, woordvoerder van die kommissie het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.