Kommer aan die kus oor klippies wat van strande verwyder word

Die munisipaliteit van Swakopmund het onlangs ‘n toename waargeneem in die aantal mense wat klippe en rotse van die strand af verwyder om hul tuine te versier. Die munisipaliteit het egter aan die inwoners en besoekers gesê dat elke klein klippie of rots ‘n beduidende rol op die strand speel en die verwydering van hierdie klippe en rotse verander die omgewing en kan tot ernstige gevolge lei. Clarence McClune, hoofbestuurder van ingenieurswese by die Swakopmundse munisipaliteit sê rotse en klippe dien as natuurlike vloed-beskerming wat die omliggende gebied en huise beskerm teen moontlike oorstroming.