Mecki se forum sal ‘n sukses wees – Cirrus

Die nuutgestigde Beesvleis Waardeketting-forum word uitstekend ondersteun. Tot op hede, het die forum 158,3 miljoen Namibiese dollar vir belegging van produsente vir die teiken van 200 miljoen dollar ingevorder. Beleggers en sakevennote wil deur middel van Savanna Beef Processors ‘n nuwe verslagtingsaanleg op die been bring wat waarde toevoeg aan plaaslike beesvleis voor dit uitgevoer word. Op die oomblik voer Namibië net grootmaat snitte uit en al die verwerking word deur maatskappye in Brittanje en die EU gedoen, voor die produk ten duurste verkoop word. Romé Mostert, direkteur van Cirrus in Windhoek wat verantwoordelik is vir die beleggings, sê hy is hoopvol dat die forum ‘n sukses sal wees.