Visuitvoere vertoon baie goed tot dusver

Namibiese visuitvoere beloop 6,2 miljard Namibiese dollar in die afgelope sewe maande, ‘n toename van 1,3 persent teenoor dieselfde tydperk verlede jaar. Volgens ‘n ontleding deur die makelaarsfirma Simonis Storm is vis onder Namibië se top vyf uitvoerprodukte en dra 12,2 persent by van die totale uitvoere. Dit maak die sektor ‘n deurslaggewende rolspeler in die verdienste van buitelandse valuta. Simonis Storm sê in tonnemaat sal visproduksie vanjaar effe toeneem op grond van die feit dag kwotas betyds uitgegee is, maar stygende bedryfskoste kan die sektor se groei belemmer.