Maatskappye presteer nie, werksverliese sal plaaslik toeneem

Daar was voorspellings dat Suid-Afrika se werkloosheid in die tweede kwartaal sou toeneem, maar dit het gedaal van 34,5 persent tot 33,9 persent. Die syfers is vanoggend deur die buurland se statistiek-agentskap bekend gemaak. Maar, in Namibië vertoon besighede uiters swak en die ekonomie, wat reeds sedert 2016 in resessie is, krimp verder. Dr. Omu Kakujaha-Matundu van die ekonomiese fakulteit by Unam sê hy verwag dat algemene werkloosheid verder sal toeneem. Hy verduidelik.