Meatco verloor meer as helfte van sy inkomste, N$911m

Die impak van die heersende droogte en tekorte aan slagdiere het Meatco se inkomste in die 2020-2021 finansiële jaar met 911 miljoen Namibiese dollar laat daal na 873 miljoen dollar teenoor inkomste van net minder as 1,8 miljard dollar in die vorige boekjaar. Die ouditverslag is deur PriceWaterhouse Coopers bekend gemaak. Die firma het reeds in 2019 Meatco se volhoubaarheid bevraagteken omdat daar reeds in daardie jaar ‘n skuldlas van net meer as 814 miljoen dollar aangeteken is. Die ouditeurs het ook geen mening oor die maatskappy se finansiële prestasie uitgespreek nie.