Covid vertraag Lichtenstrasser moordverhoor

Die hofsaak van die moord-beskuldigde Ernst Lichtenstrasser, 60, was Maandag weer uitgestel omdat hy nie verrigtinge kan bywoon nie. Die deel van die gevangenes waar hy aangehou word is in isolasie tot 9 Julie en dus kan geen verhoorafwagtende gevangenisse of hulle verhore bywoon of selfs met hulle regsverteenwoordigers konsulteer nie. Regter Christie Liebenberg het die saak tot 26 Julie uitgestel. Lichtenstrasser, ‘n voormalige dosent by die Tsumeb kampus van die Namibiese Instituut van Mynbou en Tegnologie word daarvan beskuldig dat hy op 15 April 2019 die uitvoerende direkteur van NIMT Eckhart Mueller, 72, en Heimo Hellwig, 60, sy adjunk, by die Arandis kantoor doodgeskiet het. Hy het onskuldig gepleit.