Meatco-lede wil oor vier maande weer vergader

Verskeie mosies is by Meatco se jaarvergadering die naweek op Otjiwarongo ingedien. ‘n Spesiale ledevergadering wat oor vier maande gehou moet word om terugvoer oor Meatco se benarde finansiële situasie te gee, is eenparig aanvaar. ‘n Mosie van om vertroue en deurset by Meatco te herstel is met ‘n oorweldigende meerderheid aanvaar waarvolgens produsente vergoed moet word vir hul finansiële verliese weens kontrakbreuk. Die lening van 200 miljoen Namibiese dollar wat Meatco in Julie vanjaar van die Ontwikkelingsbank van Namibië bekom het om produsente en skuldeisers te betaal, moet terugbetaal word.