Eskom: Fase 3-beurtkrag duur tot Donderdag

Eskom gaan voort met die instel van fase drie-beurtkrag tot Donderdagoggend om vyf-uur. Dit is as gevolg van beperkte opwekkingskapasiteit na voortdurende hoë vlakke van onderbrekings. Die kragvoorsiener se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê ná die sluiting van die Camden-kragstasie in Mpumalanga verlede week weens water wat met chemikalieë besoedel is in die stoomketels, is die eerste van sewe opwekkingseenhede Saterdagaand weer in gebruik geneem.