Indië wen Proteas met 16 lopies in tweede T20

Krieket: Indië het Suid-Afrika met 16 lopies in die tweede T20-wedstryd in Guwahati verslaan en sodoende die reeks van drie wedstryde beklink. Die tuisspan het 237 vir drie in hul 20 boulbeurte aangeteken met die hoogste telling deur KL Rahul op 57. David Miller het die Proteas se aanslag gelei en 106 van 47 balle aangeteken, met Quinton de Kock wat 69 lopies gemoker het. Dit was egter nie genoeg nie, en Indië het die besoekers beperk tot 221 vir drie. Die laaste wedstryd vind môre in Indore plaas.