Oud-Guptamyn word blykbaar onwettig bedryf

Die DA in Mpumalanga het aan die Suid-Afrikaanse Mineraleraad geskryf om ondersoek in te stel na bewerings oor Optimum Coal, ‘n steenkoolmyn in Hendrina wat voorheen aan die Guptas behoort het. Die party het vroeër die week ‘n oorsigbesoek aan die myn gebring. Die DA-woordvoerder, Bosman Grobler, sê inwoners van Hendrina en vorige werknemers het hulle ingelig dat Optimum Coal tans onwettig en sonder lisensie in die gebied bedryf word: