Botsing aan die broei in Stad Tshwane

’n Botsing is aan die broei tussen die Stad Tshwane en die Gautengse LUR vir menslike nedersettings, Lebogang Maile. Die stad het hom daaraan herinner dat hulle ‘n tekort van vier miljard Suid-Afrikaanse rand geërf het. Die stad gee Maile die skuld omdat hy die stad in 2020 onwettig onder administrasie geplaas het. Hy het vandag inligting rakende die huidige finansiële posisie in die stad aangevra. Die metro se woordvoerder, Jordan Griffiths, het Maile veroordeel omdat hy die inligting in die media aangevra het.