Meatco bring bekostigbare vleis na Namibiërs

‘n Direkteur van die Meatco-raad Shiwana Ndeunyema sê hul handelsmerk se visie is om Meatco se produkte nader aan Namibiërs te bring, in ooreenstemming met die regering se beleid oor industrialisasie en die Growth at Home-strategie. Meatco se Meat Markets Africa se Meatma-winkel, het in Kuisebmond op Walvisbaai geopen. Shiwama sê dit sal bekostigbare vleis verseker wat onder die hoogste gehalte-standaarde geproduseer word, hoofsaaklik vir lae-inkomste huishoudings.