Stad Windhoek bekommerd oor lae damvlakke

Stad Windhoek is bekommerd oor lae vlakke van damme wat die hoofstad van water voorsien. Die Swakoppoortdam se vlak staan op 77,4 persent, maar pomp water oor na die Von Bachdam wat slegs 29,2 persent vol is. Die Von Bachdam was verlede jaar dieselfde tydperk 52,1 persent tydperk vol. Die Omatakodam is byna leeg op 2,1 persent. Stad Windhoek se kommunikasiebeampte, Lydia Amutenya, het met Kosmos aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die stad begin strategieë beplan weens die gebrek aan reën.