Meatco besoek Ghana om handel daar te stel

Die Namibiese Ministerie van Internasionale Betrekkinge en Samewerking fasiliteer die besoek van ‘n handelsafvaardiging van Meatco aanstaande week aan Ghana. Die besoek begin Maandag en duur tot Donderdag. Tydens die besoek sal die afvaardiging wydlopend met verspreiders en handelaars van vleisprodukte in Ghana beraadslaag om handel in die verband te bevorder. Ghana stel volgens berigte belang om vleis en vleisprodukte uit Namibië in te voer.