Tydkapsule in kerk in Hongarye gevind

Die kruis bo-op Hongarye se grootste kerk het ‘n tydkapsule versteek wat 176 jaar oud is en wat vanjaar tydens opknappingswerk ontdek is. ‘n Verseëlde, silindriese koperkapsule is in 1845 in die kruis geplaas. Die koepel van 100-meter het bomaanvalle in die Tweede Wêreldoorlog oorleef, maar die houer is erg deur skrapnel beskadig. Die dokumente oor die Esztergom-katedraal se bouwerk is egter in ‘n byna perfekte toestand. ‘n Nuwe tydkapsule vir toekomstige geslagte sal dalk nagelaat word.