Covid-gevalle neem vinniger toe – WGO

Die wêreldwye weeklikse toename in nuwe Covid-19 gevalle het die afgelope paar maande volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie byna verdubbel. Die infeksiekoers is volgens die WGO nou op sy hoogste sedert die pandemie begin het. Lande word aangemoedig om toe te sien dat streng beheer maatreëls om die virus te beveg steeds van krag bly. Daar is op die oomblik reeds 3 miljoen sterftes uit ‘n totaal van 140 miljoen gevalle wêreldwyd met 79.5 miljoen mense wat herstel het.