McKinsey stel groen waterstof-strategie vir N$34,6 miljoen op

Die wêreldwye konsultasie-firma McKinsey & Company sal sowat 34,6 miljoen Namibiese dollar in die sak steek om Namibië se groen waterstof-strategie op te stel. Volgens mediaberigte het Namibië 87 miljoen dollar opsy gesit vir konsultasiewerk aan sy multi-miljard dollar groen waterstof-projekte, asook die opstel van ‘n plan om die land se groen waterstof-sektor te bevorder. Dit word befonds deur die Duitse Federale ministerie van onderwys en navorsing. Benewens McKinsey, het die regering die dienste van Systemiq, Cranmore Partners, Hinicio, Clifford Chance en National Renewable Energy Laboratory bekom.