EFF verwelkom verwydering van Jozi se DA-burgemeester

Die EFF in Gauteng verwelkom die verwydering van Mpho Phalatse van die DA as burgemeester van die Stad Johannesburg. Volgens die party leef swart gemeenskappe onder die DA steeds sonder elektrisiteit, water, sanitasie en ander basiese dienste. Die party se voorsitter, Nkululeko Dunga, sê die mosie van wantroue teen Phalatse moet as ‘n waarskuwing dien vir die nuutverkose burgemeester, Sello Dada Morero van die ANC. Volgens Dunga bly die EFF daartoe verbind om ‘n bestendige regering te verseker wat basiese dienste aan inwoners lewer.