Agri SA ontevrede oor Wetsontwerp op Grondonteiening

Agri SA meen die Wetsontwerp op Grondonteiening is goedgekeur sonder om aandag te gee aan die ernstige gebreke daarin wat die landbousektor en die ekonomie raak. Die bedryfsliggaam sê die wetsontwerp maak die deur oop vir onregstreekse onteiening deur die beperking van eiendomsregte sonder dat vergoeding betaalbaar is. Agri SA se uitvoerende direkteur, Christo van der Rheede, sê ‘n nul-vergoeding-klousule sal die sektor se toegang tot kapitaal ondermyn. Hy doen ‘n beroep op die regering om saam met die privaat sektor te werk om grondhervorming onder die huidige raamwerk te verbeter.