McHenry is warm onder die kraag, wag nog vir dossier by die hof

Die leier van die PDM-party McHenry Venaani is tans by die laerhof in Katutura. Hy is warm onder die kraag en het aan Eagle FM gesê die dossier is nog nie by die hof nie. Hy is daar ter ondersteuning van sy LP Inna Hengari wat Dinsdag saam met Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma gearresteer is.

Hy het ook uitgevaar teen die polisie-hoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo.