Belarussiese tennisspeler het haat in kleedkamer ervaar

Die wêreld nommer twee, Aryna Sabalenka van Belarus, sê sy het haat in die kleedkamer ervaar weens haar land se alliansie met Rusland in die Oekraïnse konflik. Die 24-jarige sê sy het niks verkeerd gedoen nie en kan nie verstaan waarom so baie mense haar sonder rede haat nie. Volgens Sabalenka was dit nie soseer die spelers wat haar gekonfronteer het nie, maar hulle spanlede. ʼn Speler van Oekraïne, Lesia Tsurenko, het haar verlede week onttrek aan haar wedstryd teen Sabalenka op die Indian Wells-meesterstoernooi.