McBride geskors

Die Staatsveiligheidsagentskap in die buurland wou nie redes verskaf oor die besluit om die hoof van sy buitelandse tak, Robert McBride, te skors nie. Woordvoerder, Mava Scott, sê die agentskap is nie in ‘n posisie om besonderhede te bespreek nie, as gevolg van ‘n vertroulikheidsooreenkoms tussen werkgewer en werknemer. Die skorsing volg ná berigte die afgelope naweek oor ‘n mislukte sending in die Cabo Delgado provinsie in Mosambiek. Volgens Suid-Afrikaanse media het McBride die sending goedgekeur waartydens Mosambiekse sekerheidsbeamptes ‘n Suid-Afrikaanse hommeltuig afgeskiet en geheime agente in hegtenis geneem het.