GIPF: eis so begrafnisvoordele

Die Regeringsinstellings Pensioenfonds het sy lede daaraan herinner dat eise vir begrafnisvoordele as ‘n nooddiens beskou word. Eise kan of self of per koerier ingedien word maar moet vergesel word met die volgende gesertifiseerde dokumente: doodsertifikaat, oorsaak van dood, ID van die oorledene, huweliksertifikaat indien nodig, en ‘n bevestiging van die bank rekening nommer. Eise vir ongetroude lede moet vergesel word deur twee beëdigde verklarings van familielede sowel as ‘n verklaring van die eiser dat hy of sy namens die familie die eis indien.