Mboma se afrigter smoor gerugte in die kiem

Volgens berigte het die Namibiese Olimpiese silwermedaljewenner en 200 meter rekordhouer Christine Mboma die dienste van top-prokureurs ingespan om haar te help wegbreek van ‘n kontrak wat sy met die Suid-Afrikaanse Newton Sportagentskap gesluit het. Daar is berig dat Mboma en Beatrice Masilingi terselfdertyd by Newton aangesluit het. Haar afrigter en mentor, Henk Botha, het uit Amerika met Kosmos 94.1 Nuus gesels en die gerugte in die kiem gesmoor.