Petroleumkommissaris verduidelik lang proses ná olie-ontdekking

Ná die ontdekking van olie en gas in Namibië blyk daar baie misverstande onder Namibiërs te wees oor die terme soos eksplorasie, produksie, ontwikkeling en ander. Die eerste verwarring kom oor hoe lank dit neem vir ‘n volle olieproduksie-aanleg om ontwikkel te word. Maggy Shino, die petroleumkommissaris in die ministerie van myne en energie, het hierdie prosesse verduidelik. Sy sê om die produksie volledig op te stel en te begin, sal enigiets vanaf vier jaar en meer duur.